top of page

LEEFGROEPE

Screen Shot 2019-03-27 at 11.28.33.png

Jacques en Lynette 

Vuurvas 

Ons is ‘n groep getroudes met kinders onder 3, wat saam ons huise wil bou op die fondament Jesus, sodat ons vuurvas kan bly staan deur die daaglikse struikelblokke, onder andere rondom ons kinders en huwelike. 1 Kor 3:11-15. 

IMG_2577A.jpg

Gys en Mariana

Chairo 

Ons is in ons ‘rustiger-vat’ jare, en om te ‘rejoice in our Lord’ is waar-heen ons oppad is. 

IMG_2819A.jpg

Stefan en Nicky

Karibuni 

Ons is ‘n diverse klein leefgroep, in ons 20-40’s wat saam eet en kuier rondom die Woord. Ons fokus is om geestelik te groei en om gesonde verhoudings te bou. Karibuni is die Swahili woord om welkom te sê vir meer as net een persoon. 

IMG_2578A.jpg

Simon en Tersia

X-Derde 

Ons is afgetrede jongelinge wat Woensdagoggende in mekaar se huise vergader. 

IMG_2589A.jpg

CUC 

Johan en Retha

Ons is ‘Christians Under Con-struction’ wat daarop gefokus is om ‘n pad van innerlike genesing te stap, geestelik te groei en om God te aanbid. 

IMG_2804A.jpg

Hy leef! (Hu Chay) 

Dawie en Ronel

Ons is 'n gemengde groep van gemengde agtergronde wat saam wil leef en 'n positiewe verskil maak in mekaar se lewens.

IMG_2926A.jpg

Arend

Danie en Adri

Ons is ‘n plek van saamwees, waar ons mekaar kan bemoedig om die lewe voluit te leef. 

Screen Shot 2019-03-27 at 11.29.53.png

Malva 

Pieter en Hettie

Ons soek meer as net poeding vir die siel. Ons leer meer van die Here by mekaar - ons lag en huil ook saam. 

IMG_2801A.jpg

Mechiel en Eurika

El Shaddai

Ons is 'n vriendskapsgerigte leefgroep wat fokus op God en mekaar.

Screen Shot 2019-03-27 at 11.30.05.png

Morne en Jeanine

Doxa 

Ons naam beteken ‘Glory’ en ons slagspreuk hier by Doxa is ’Hooked on Jesus!’ 

Screen Shot 2019-03-27 at 11.30.00.png

Jakob en Juanet

Synergy 

Ons is ‘n diverse leefgroep wat jong volwassenes en middeljariges insluit. Ons deel in mekaar se wysheid in allerande lewenskwessies met Jesus se voorbeeld as ons fokuspunt. 

IMG_2580A.jpg

Kobus en Lindi

Abundance 

Hier is ons net onsself, en ons groei saam om meer soos Jesus te wees. 

IMG_3060A.jpg

Martin en Lorinda

Tribe 

Jong volwasse leefgroep.

IMG_2584A.jpg

Pieter en Karin

Shalom 

Ons is gesinne met tieners en kleintjies wat daaraan werk om Jesus eerste te stel in ons daaglikse verhouding met Hom. Ons wil dissipels maak en God se liefde deel met die wêreld. 

Screen Shot 2019-03-27 at 11.36.03.png

Tiekie van der Merwe

Silwerkrone

Eenmaal ’n maand kuier die Senior Burgers heerlik saam. 

IMG_2597A.jpg

Mary-Ann

Kosmos 

Ons is ‘n groep Dames van 30-65 jaar (getroud, ongetroud, wedu-wee, geskei…) wat mekaar bemoedig, ondersteun en help om geestelik te groei. 

Liefde, vriendelikheid, nederigheid en omgee ‘kos-mos’ niks. 

IMG_2582A.jpg

Duane en Jackie 

Adonai Shamah 

Ons is ‘n close familie wat omgee vir mekaar en opgewonde is oor Jesus. 

Screen Shot 2019-03-27 at 11.36.11.png

Deon en Marietjie van Schalkwyk

Ixchtus

Ons deel in mekaar se lief en leed. Ons is honger om te leer by en van die Meester en ywerig om te groei saam met die Heilige Gees. 

IMG_2809A.jpg

Dawie en Melindri

Jong Getroudes

Ons is jong getroude paartjies wat 'n passie het vir God, en dit geniet om saam die lewenspad te stap.

Ons leer by mekaar, bou sterk vriendskappe en groei saam in die Here.

IMG_2596A.jpg

Wilfrid en Belinda

Lewende Water

Ons is 'n lewendige groep waar jonk en middeljariges die Here kan beleef met lekker sang, getuienisse en dieper delf in die Woord.

Tussendeur kuier ons heerlik saam!

IMG_3059A.jpg

Leonie de Koker

Ecclesia

Ons is 'n gesellige groep dames van alle ouderdomme wat mekaar bemoedig tot geestelike groei en diensbaarheid. Ons ontmoet Woensdag-oggend om 10:00 in die kommunio-lokaal.

IMG_2586A.jpg

Shaun en Santa

NetMens

'n Kern-aspek van ons geloofsreis is dat ons, ons geloof met mekaar deel en saam groei as mense.

IMG_2813A.jpg

Hannes en Wilna

Grace

Ons is 'n groep met laer- en hoërskool kinders wat saam geestelik groei.

Ons wil ons liefde vir Jesus deel en mekaar ondersteun in'n "safe place".

IMG_2798A.jpg

Louis en Alma

L.I.G

Ons naam staan vir Leef In God

1 Johannes 1 vers 7 som ons op.

Laat jou lig skyn in 'n donker wêreld.

​

IMG_2815A.jpg

Matthys en Annelie

Matthys en Annelie

Ons is oppad saamet Jesus en ons groep is oop vir ouers met laer- en hoërskool kinders.

IMG_2594A.jpg

Francois en Carina

Blended

Ons is 'n leefgroep vir Hoërskolers wat mekaar bou en uitdaag om God dieper te ken.

IMG_2592A.jpg

Pieter en Michelle

Survivors

Ons is 'n groep volwassenes sonder kinders. Ons kuier beurtelings bymekaar se huise.

IMG_2800B.jpg

Charl en Karla

Kondinòs

Ons is 'n groep egpare met of sonder kinders op hoërskool.  Soos ons naam aandui, streef ons na nabyheid aan ons Skepper en wil ons as steunpilaar daar wees vir mekaar.

IMG_2811A.jpg

Des en Thelma

G.E.W.I.G

Ons naam staan vir Groei En Werk In Geloof. Ons is 'n groep middeljariges wat mekaar ondersteun in lief en leed. 

IMG_2928A.jpg

Retha-Mari

Querencia

'n Leefgroep waar ons weer ons identiteit in God vind.

bottom of page