top of page

Gebed verander Alles

God regeer deur die gebede van Sy kinders

Met ons ‘BID oor DIT” preekreeks en fokus hierdie kwartaal in gedagte, kom ons herhinner onsself weer dat God in Sy almag besluit het om deur die gebede van Sy kinders op aarde dinge te laat gebeur. Kom ons kyk hoe God Elia en Job se gebede in Sy raadsplan gebruik het.

In 1 Kon 18 lees ons dat God vir Elia sê: “Gaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reën.” God wil weer reën gee, maar Hy besluit in ooreen-stemming met sy ooreenkoms met die mens as Sy verteenwoordiger op aarde, dat Elia vir reën moet bid. God kon die reën sonder Elia se gebede gegee het, maar Hy het nie, Hy gebruik Elia se gebede om dit te doen. (Jak 5:17-18)

Dieselfde met Job soos ons lees in Job 42:7-8 “…maar My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle boosheid nie.” God wou vir Elifas en sy twee vriende vergewe, maar Job moes bid. Deur sy gebede was Job mede-verantwoordelik vir die herstel van orde in die wêreld.

In 1 Joh 5:16 lees ons: “As iemand sy broer sonde sien doen…moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee.” As iemand sy broer SIEN sonde doen… dit beteken wees waaksaam, neem verantwoordelikheid vir die mense en die wêreld rondom jou en as jy iets sien wat verkeerd is, bid! Wanneer ons dan bid, sal God antwoord.

Jak 5:16 lees: “Die gebed van ‘n regverdige het ‘n kragtige uitwerking.” Let op die woorde ‘het ‘n kragtige uitwerking’. Dit kan ook vertaal word met: ‘dit is kragtig in sy werking, dit werk kragtig.’ Dit beteken dat die gebed van regverdiges iets tot stand kan bring of tot niet kan maak. Iets ver-ander wanneer regverdiges bid. Deur ons gebede heers ons, regeer ons, waak ons oor die aarde en beskerm ons dit. Deur ons gebede word die koninkryk van God gebou en die bose uitgedryf.

In Esegiël 22 lees ons van ‘n stad (Jerusalem) waar die regeerders hulself verryk het, die priesters nie meer heilig geleef het nie, die amptenare oneerlike wins gemaak het, die profete leuens ver-kondig het en die mense mekaar verdruk, vermoor en beroof het. Wanneer God dit sien, soek Hy iemand om vir die stad te bid: “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig sou word nie, maar Ek het niemand gekry nie. Daarom laat Ek my toorn oor hulle losbreek en vernietig Ek hulle met die vuur van gramskap. Ek laat hulle kry wat hulle verdien”. (Eseg 22:30-31).

Weer is dit God wat ‘n mens soek om tussenbeide te tree, om te bid, om oor die aarde te heers, verantwoordelikheid te neem vir wat hier gebeur en om as God se verteenwoordiger op te tree. In Jes 59:16 lees ons dat die Here sê Hy was verbaas dat niemand tussenbeide getree het nie.

God was verbaas dat niemand as intersessor opgetree het nie! In die Ou Testament was die priesters by uitstek die mense wat God verteenwoordig het, wat tussen God en die volk gaan staan het en met beide God en die mense gepraat het, sodat daar versoening tussen God en mense kon kom. In die Nuwe Testament, wanneer 1 Pet 2:9 ons ‘n “koninklike priesterdom” noem, beteken dit dat ons as konings moet heers, en as priesters die mensdom deur interses-sie voor die Troon moet verteenwoordig.

Dat ons gebede deur die Skepper-God ge-bruik word is ‘n voorreg, ‘n opdrag, ‘n verant-woordelikheid, ‘n eer, ‘n geleentheid - en dit waarborg lewensverandering en eindbestem-mings! Kom ons doen dit - en ons BID oor DIT sodat God kan REGEER op aarde deur jou en my gebede!

Geneem uit ‘Ontdek die krag van Intersessie’ deur Bennie Mostert.



0 views0 comments

Recent Posts

See All

KRY ‘n KYKIE IN DIE MEESTE VAN ONS BEDIENINGE:

Dieselfde Werkgewer - verskillende opdragte. Musiekbediening Aanbidding is een van die 5 pilare van ons gemeente. Alhoewel aanbidding meer as sing is, is sing ‘n spesiale manier van aanbidding, wat on

bottom of page